Dan is daar die groot vraag:"Hoe sê mens dankie?"
Baie van ons wonder miskien, "hoe sê mens dankie VIR WAT!? Dis ONS wat die harde werk gedoen het! ONS het al die afrolwerk gedoen, die rondhardloop, die punte invoer, die lesse aanbied, die takies waarvoor niemand kans sien nie, die netbal afrigting, die ekstra klasse na skool...ek kan nog ver aangaan. Ons weet ons het hard gewerk! Hulle moet vir ONS dankie sê.
Maar glo my. Diamante word nie gevorm sonder druk nie en hulle ontstaan nie sommer net so nie. Ons moet dankbaar wees vir elke geleentheid wat daar vir ons gebied word om te leer, te groei en te ontwikkel as professionele volwassenes.
En dink nou net jy het 'n klas eendag. Jou klas is uitgelê en word beplan en bestuur volgens jou smaak. Dan word daar 'n student by jou geplaas en alles wat jy doen word eweskielik gedeel deur 'n ander persoon. Jy het eweskielik baie meer administrasie en daar word baie meer verantwoordelikheid op jou geplaas.
Dit is nie ons as studente se reg om in iemand se klas te wees nie, maar 'n bitter groot voorreg.
Eerstens wil 'n mens vir jou mentor onderwyser dankie sê vir die voorreg dat jy in haar klas kon proef en vir alles wat jy daar kon leer en ervaar. Jy het saam met haar ondervind wat sy deurgaan elke dag. Wat beter as 'n onderwysers-oorlewingskissie om haar deur elke dag te help?
Kyk gerus na al die verskillende idees omtrent 'n oorlewingskissie vir jou onderwyser.
Onderwyser-oorlewingskissie idees
Onderwyser-oorlewingskissie idees
Ek het 'n krokodil-koek gebak en omdat dit altyd so 'n missie is om 'n koek te sny en uit te deel, het ek sommer die koek met kolwyntjies uitgelê.
Hier is die resep!
Ou Krokkie
van "Hello Cupcake" - Karen Tack & Alan Richardson
Benodighede:
Vir die koek:
24 vanilla kolwyntjies
in wit papier koppies. (Klik hier vir 'n vanilla kolwyntjie resep)
Vir die Versiersuiker:
-500 g botter
-700 g versiersuiker
-Vanilla essence
-1t melk
- druppel groen voedselkleursel
(hang af hoe groen jy dit wil hê)
Vir die
versierings :
12 Jellie-beans
‘n sakkie dun bak
sjokolade wat maklik gesny en breek kan word
6 marshmellows
Paar zip-lock sakkies
of gewone plastiek sakkies
Om te vervoer:
Groot reghoekige
skinkbord/koekbord
Hoe om die skubbe
te versier:
Sit ‘n eetlepel van
die viersiersuiker in die sakkie en rol bokant toe sodat al die lug uit is. Sny
die een hoek van die sakke af sodat daar ‘n klein opening is. Hou die
kolwyntjie in die een hand vas en die sak versiersuiker in die ander hand. Begin
op die een punt van die kolwyntjie. Sit die punt van die sakkie op die kolwyntjie neer, druk ‘n bietjie
versiersuiker uit en trek dit effens na jou toe. Stoot dit terug na die punt waar jy begin het met die sakkie sonder om die sakkie op te lig. Druk nou weer versiersuiker uit en trek
weer na jou toe. Stoot dit weer
terug en herhaal totdat jy by die einde van die ry kom. Begin dan die hele
proses weer langsaan die ry skubbe wat jy nou gedruk en stoot het totdat die
hele kolwyntjie vol “skubbe” is.
Kyk na die foto's om die
krokodil te bou en te versier:
Tweedens wil jy ook vir die klas dankie sê en vir hulle wys hoe baie jy hulle gaan mis en hulle ook op 'n manier aanmoedig om 'n liefde vir leer te koester.
Wat beter as 'n heerlike kolwyntjie en 'n "funky" boekmerkie waarop daar iets aanmoedigends geskryf staan.
Hier is 'n paar idees vir die boekmerkies wat ek gemaak het vir die leerders. Hulle word om die hoek van 'n bladsy gesteek.
Tierkat |
Varkie |
Hassie-hop |
Mexican |
Verkleurmannetjie |
Muis |
Mnr. Haai |
Paddapoot |
Kyk hier hoe om dit te vou. Die versierings hang alles van jouself af en daar is so baie idees!
Op die ou end is dit heerlik pret om dankie te sê en dit maak die hele ervaring net soveel ryker, een wat jy nie sommer sal vergeet nie - en glo my, jy raak 'n juffrou wie die kinders ook nie sommer sal vergeet nie!
Geniet dit om dankie te sê!