Is jy moeg daarvoor om voor in die klas te staan en te sukkel om die leerders se aandag te kry sodat jy instruksies kan deurgee? Wens jy daar was 'n manier wat jy een keer kon praat en almal stop waarmee hul besig is, bly stil en luister vir jou?....lees dan verder...
Ek het nog nooit so vinnig almal se aandag en deelname gehad soos toe ek "Whole Brain Teaching"(WBT) uitprobeer het nie. Die "Call-response" aspek daarvan werk absoluut soos 'n bom, of altans, dit het soos 'n bom gewerk vir die eerste week....en soos alle dinge maar, sy effektiwiteit met tyd verloor.
Ek het gaan dink waarom dit gebeur en het toe met die volgende opgekom:
1. "Call-Response" is
‘n klaskamer kultuur.
Dit is nie iets wat jy net elke nou en dan kan gebruik nie. Dit moet ‘n klaskamer kultuur word. Dit moet
heeltyd toegepas word in elke aspek van die dag en dit moet geoefen en geoefen
word todat dit soos tweede natuur vir beide jou en jou leerders raak. As jy dit nie gereeld toepas nie, gaan leerders nie reageer soos jy hoop nie.
2. Jy
moet ‘n aksie gee vir jou “call-response”
Dikwels het ek geroep
en hulle het geantwoord maar dan net aangegaan met hul werk of aangehou gesels.
Daar moet ‘n aksie wees wat hulle met die antwoord moet uitvoer wat uiteindelik
hul arms gevou laat, hul oë op jou en hul monde toe sodat jy hul aandag
het en met hulle kan praat.
3. Jy moet jou “call-response” afwissel.
My leerders het moeg geraak vir Klas-juf. Al het hulle dit goed gebruik het dit al hoe minder effektief geraak omdat dit so eentonig is.
Hier is ‘n paar oulike
“call-response” idees vir afwisseling:
Onderwyser
|
Leerders
|
Klas
..
(sê in
verskillende stemtoon en wissel hoeveelheid af bv. Klas, klas – juf, juf)
|
Juf?
|
Scooby
dooby doo..
|
where
are you?
|
Oh
me..
|
Oh
my!
|
No
bees, no honey..
|
No
work, no money!
|
Hocus
pocus..
|
Time
to focus!
|
Macaroni
and cheese..
|
Everybody
freeze!
|
One,
two, three all eyes on me..
|
One,
two all eyes on you!
|
To
infinity....
|
And
beyond!
|
Hoekom
is on shier?...
|
Om te lag, om te leer, om te luister!
|
Hakuna…
|
Matata !
|
Zip, zip, zap..
|
We’re all that !
|
Hands on top…
|
Everybody stop !
|
Can I get a….
|
Whoop, whoop !
|
Are you ready kids ?..
|
Aye, aye captain !
|
En ‘n stilte val oor die klas..
|
Aaaa-shhhhhhh !!!!
|
Wwwdot..
|
Zip it dot com !
|
All set ?..
|
You bet !
|
Ba, da, ba, pa, pa…
(McDonalds tune)
|
I’m loving it !
|
Good,
better,
Never
let it,
Until
your good is,
And
your better is....
|
..Best
..Rest
..Better
..The best!
|
Eenu
meeny ...
|
Miny
mo!
|
Zip
it, lock it...
|
Put
it in your pocket.
|
Shark
bait
(finding
Nemo haaie)
|
Oooh
ha ha!
|
Are
you focused?
|
Yes,
we are!
|
Hier
kiep kiep, daar kiep kiep...
|
Woerts
in die hoekie!
|
Hier en daar ‘n maande lank
|
Hoor
ons steeds die paddas kwaak, kwaaaaaaak !
|
Oom
Jan sny koring op die land..
|
Dis geel en lyk soos goud!
|
Wielie
wielie...
|
Walie !
|
Oom
Olifant..
|
Ha ! Ha ! Ha ! Ha !
|
Hop sa sa, tra la la la...
|
Rondtomtalie siembamba !
|
Hoe ry die boere
|
Sit sit so !
|
Nog 'n ding wat vir my as onderwyser moeilik was, is om deur al die gewoel nogsteeds al die verskillende roep-goed te onthou. As jy dit nie kan onthou nie, gaan jy simpel voel en dit nie gereeld toepas nie, of jy gaan heeltyd dieselfde ding oproep in dieselfde stemtoon wat dan maar lei na dieselfde probleme.
So HOE gaan ek al die goed onthou?
Skryf aan die begin al die verskillende "call-response" maniere op roomysstokkies en sit dit in 'n houer. Wanneer dit tyd is om die kinders tot aandag te roep, trek 'n stokkie en roep dan wat daarop staan.
So kan jy heeltyd afwissel en vergeet jy nie van al die verskillende maniere om jou klas tot aandag te roep nie en sal jy later self onafhanklik raak van die roomysstokkies en meer voorbereid daarvoor.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking