Ek is besig om plakkate te maak vir my klas volgende jaar en het op 'n baie oulike idee afgekom op hierdie blog" Learning Adventures with Mrs. Gerlach"
Ek hou baie van haar strategiee vir optel en daarom het ek dit vertaal vir my Afrikaanse klas.
Jy kan jou eie hier aflaai.
Hoe gebruik ek dit?
Print al die bladsye apart.
Lamineer om dit te versterk.
Plak dit op jou wiskunde muur vir uitstalling soos hieronder vertoon of nes jy lus is.
Soos vertoon op "Learning Adventures with Mrs. Gerlach"
Ek het onlangs op hierdie video afgekom van 'n juffrou wat sekere aspekte van "Whole Brain Teaching" in haar klaskamer inwerk.
Ek was verstom oor hoe lekker interaktief die leerders is met die eenvoudige lessie en dit het gemaak dat ek verder gaan ondersoek instel het oor hierdie "Whole Brain Teaching".
10 Dinge wat ek opgelet het:
Die onderwyser vra die leerders of hulle al iets weet van die onderwerp (dit help haar om vas te stel hoe baie sy moet aandag gee daaraan)
Sy noem die doelwitte van die les vir die graad sodat die leerders bewus kan wees daarvan.
"Teach-ok" - die leerders kry geleentheid om aan 'n maat te verduidelik wat hulle reeds weet oor die onderwerp. Die onderwyser is nie die enigste een met al die kennis nie.
"Class-yes" - die onderwyser kry die leerders se aandag vreeslik vinnig weer terug op haar en hulle sit stil en luister terwyl sy praat.
Die klas is soos 'n span, hulle is bly saam en hartseer saam. Elkeen in die klas dra by tot die sukses van die span.
"Scoreboard"- die klas verdien as 'n span punte en nie as individue nie. Dit beteken dat almal verantwoordelik voel om by te dra tot die sukses.
Die leerders kry geleentheid om terugvoering te gee oor hulle besprekings met mekaar en kry so ook die geleentheid om hul denke verbaal uit te druk.
"Ten-finger whoo"- die hele klas wens een van hulle lede geluk met 'n goeie antwoord.
"Blow it in your hand" - soms is daar 'n antwoord wat almal weet en almal gelyk wil uitskree maar dan moet jy ongelukkig net een leerder kies. Hierdie manier is fantasties om al jou leerders die kans te gee om te antwoord op 'n georganiseerde manier.
Die leerders werk ongelooflik goed saam met mekaar en met die onderwyser.
5 Dinge wat ek geleer het oor "Whole Brain Teaching":
1. Daar is 'n "scoreboard" wat die onderwyser gebruik as 'n geheel klas motiveerder. Die onderwyser trek 'n lyntjie onder die glimlag-gesiggie as die leerders goed saamwerk, haar reels volg, of haar verstom met 'n goeie antwoord of idee. Wanneer sy 'n lyntjie onder die glimlag-gesiggie trek moet die hele klas "Oh-yeah!" skree. Die onderwyser kan ook 'n lyntjie trek onder die kwaai-gesiggie as die leerders nie goed saamwerk, hulle nie vir haar luister of hulle nie positief optree nie. Wanneer sy dit doen moet die hele klas 'n groot "UGH!" skree.
2. "Class-yes": Onderwysers se "klas!" op enige stemtoon en soveel keer hul wil. Die leerders moet dan antwoord met "Ja!" op dieselfde manier wat die onderwyser dit gese het. Hierdie tegniek werk wonders om leerders se aandag te kry.
3."Teach-ok": Onderwysers se "deel!" op enige stemtoon en met enige gebaar daarby. Die leerders antwoord dan met "ok!" op dieselfde wyse as wat die onderwyser dit gese het en met dieselfde gebare wat hulle as 'n spieelbeeld namaak. Die leerders kry dan geleentheid om hulle eie idees en dit wat hulle reeds weet, met 'n maat te deel.
4. Die hele idee van "Whole Brain Teaching" is gebasseer op die "mirror". Dit beteken dat leerders dinge naboots of se net soos wat jy dit gese het (soos met die "teach-ok" en "class-yes"). Onderwysers kan selfs belangrike inligting deurgee deurdat leerders haar woorde en aksies moet naboots.
Kyk ook die video vir 'n beter begrip oor wat "mirror" beteken.
5. "Switch!"- die onderwyser kan enige tyd gedurende die bespreking van "teach-ok!" die woord "Switch" skree wat beteken dat die maatjie wat gepraat het nou moet luister vir die maatjie wat geluister het. Dit verseker dat elke leerder 'n kans kry om te praat en dat die skaam leerders gemotiveer word om te deel en nie net te luister nie.
Wat is die doel van wiskunde onderrig in die grondslagfase as ons kinders nie leer om te dink en te redeneer nie?
Ek glo vas in die probleem-gesentreerde benadering tot wiskunde onderrig omdat dit leerders met die vaardighede beskik om wiskunde te verstaan en daaroor te kan reflekteer.
Wat is die probleem-gesentreerde benadering?
Dit is 'n benadering wat leerders leer om te dink en nie net te memoriseer nie.
Dit gee leerders die geleentheid om probleme op te los op hulle eie manier wat vir hulle sin maak.
Die onderwyser neem 'n stappie terug en speel die rol van 'n fasiliteerder liewer as die persoon met al die kennis en gesag.
Dit gee leerders selfvertroue, 'n lus om te probeer en maak hulle minder bang om foute te maak.
Die fokus is nie op die wiskunde antwoorde nie maar op die proses waardeur leerders gaan om bewerkings te verstaan en te vorder.
Waarom moet leerders hul eie strategiee gebruik om probleme op te los?
As onderwysers 'n metode verduidelik verskaf dit net oppervlakkige begrip en die kennis wat leerders vorm is dikwels baie anders as wat onderwysers in gedagte gehad het om deur te gee.
Leerders vorm metodes en strategiee waarmee hulle gemaklik kan werk en hulle eie begrip van die konsepte kan vorm.
Dit veroorsaak dat leerders minder onnodige foute maak en minder vas brand.
Leerders kry ook meer selfvertroue om met wiskundige probleme om te gaan as hulle dit kan doen op 'n manier wat vir hulle sin maak.
Leerders kan enige probleem oplos en is nie afhanklik van 'n gememoriseerde "resep" wat vir hulle in staat stel om dit te doen nie.
Leerders hak nie vas as die probleem anders lyk en klink as waaraan hulle gewoond is nie omdat hulle die selfvertroue het om dit op te los en nie bang is om foute te maak nie
Taal is die sisteem wat gebruik word om boodskappe oor te dra. Om daardie taal oor te sit in simbole, om dit verbaal uit te druk en om dit te verstaan word dus gesien as geletterdheid. Geletterdheid kan wel nie beperk word tot die funksionele toepassing van 'n groep vaardighede nie. Dit behels ook kennis en begrip van die impak van geletterdheid op die
individu en die breër samelewing asook die vermoë om daaroor te reflekteer en te
kritiseer.
Hoekom is taal en geletterdheid onderrig so belangrik?
1. Taal laat mens toe om jou gedagtes verbaal uit te druk. 2. Geletterdheid laat mens toe om jouself gesproke en geskrewe meer duideliker uit te druk. 3. Dit laat leerders toe om betrokke te raak by klas besprekings wat hulle kognitiewe denke verder ontwikkel.
4. Hoe beter 'n leerder se geletterdheid, hoe moontliker vir die leerder om meer te leer en te ontwikkel in alle leerareas.
5. Goeie geletterdheid bevorder leerders se selfvertroue in alle aspekte.
Taalvaardighede wat betrokke is by effektiewe geletterdheidsontwikkeling:
1. Luister
2. Praat
3. Redeneer
4. Dink
5. Klankleer
6. Woordbou
7.Handskrif
8.Kreatiewe skryf
9.Taalstruktuur en gebruik
10. Lees
Daar is vier stadiums van Geletterdheidontwikkeling:
1. Ontluikende Geletterdheid (Gr. R)
2. Aanvangsgeletterdheid (Gr.1)
3. Transisie-stadium (Gr.2)
4. Vaardigheid-stadium (Gr.3)
In die Grondslagfase is dit die doel van onderwysers om leerders van die ontluikende stadium na die vaardigheid-stadium te neem. Na Graad 3 begin leerders met meer ingewikkelde onderrig en dit is dus noodsaaklik dat leerders die vaardigheid-stadium teen die einde van graad 3 bereik. Dit voorsien leerders met 'n stewige geletterdheidsfondament waarop hulle dan verder kan bou. Hoe stewiger daardie fondament, hoe beter kan die leerder vorder in sy skoolloopbaan.
Dis daarom dus dat hierdie blad oor alles gaan handel wat gebruik kan word om geletterdheid te bevorder in die grondslagfase en dit ook makliker te maak vir Afrikaanse ouers en onderwysers.