Taal is die sisteem wat gebruik word om boodskappe oor te dra. Om daardie taal oor te sit in simbole, om dit verbaal uit te druk en om dit te verstaan word dus gesien as geletterdheid.
Geletterdheid kan wel nie beperk word tot die funksionele toepassing van 'n groep vaardighede nie. Dit behels ook kennis en begrip van die impak van geletterdheid op die individu en die breër samelewing asook die vermoë om daaroor te reflekteer en te kritiseer.
Hoekom is taal en geletterdheid onderrig so belangrik?
1. Taal laat mens toe om jou gedagtes verbaal uit te druk.
2. Geletterdheid laat mens toe om jouself gesproke en geskrewe meer duideliker uit te druk.
3. Dit laat leerders toe om betrokke te raak by klas besprekings wat hulle kognitiewe denke verder ontwikkel.
4. Hoe beter 'n leerder se geletterdheid, hoe moontliker vir die leerder om meer te leer en te ontwikkel in alle leerareas.
5. Goeie geletterdheid bevorder leerders se selfvertroue in alle aspekte.
Taalvaardighede wat betrokke is by effektiewe geletterdheidsontwikkeling:
1. Luister
2. Praat
3. Redeneer
4. Dink
5. Klankleer
6. Woordbou
7.Handskrif
8.Kreatiewe skryf
9.Taalstruktuur en gebruik
10. Lees
Daar is vier stadiums van Geletterdheidontwikkeling:
1. Ontluikende Geletterdheid (Gr. R)
2. Aanvangsgeletterdheid (Gr.1)
3. Transisie-stadium (Gr.2)
4. Vaardigheid-stadium (Gr.3)
In die Grondslagfase is dit die doel van onderwysers om leerders van die ontluikende stadium na die vaardigheid-stadium te neem. Na Graad 3 begin leerders met meer ingewikkelde onderrig en dit is dus noodsaaklik dat leerders die vaardigheid-stadium teen die einde van graad 3 bereik. Dit voorsien leerders met 'n stewige geletterdheidsfondament waarop hulle dan verder kan bou. Hoe stewiger daardie fondament, hoe beter kan die leerder vorder in sy skoolloopbaan.
Dis daarom dus dat hierdie blad oor alles gaan handel wat gebruik kan word om geletterdheid te bevorder in die grondslagfase en dit ook makliker te maak vir Afrikaanse ouers en onderwysers.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking