Ek glo vas in die probleem-gesentreerde benadering tot wiskunde onderrig omdat dit leerders met die vaardighede beskik om wiskunde te verstaan en daaroor te kan reflekteer.
Wat is die probleem-gesentreerde benadering?
- Dit is 'n benadering wat leerders leer om te dink en nie net te memoriseer nie.
- Dit gee leerders die geleentheid om probleme op te los op hulle eie manier wat vir hulle sin maak.
- Die onderwyser neem 'n stappie terug en speel die rol van 'n fasiliteerder liewer as die persoon met al die kennis en gesag.
- Dit gee leerders selfvertroue, 'n lus om te probeer en maak hulle minder bang om foute te maak.
- Die fokus is nie op die wiskunde antwoorde nie maar op die proses waardeur leerders gaan om bewerkings te verstaan en te vorder.
Waarom moet leerders hul eie strategiee gebruik om probleme op te los?
- As onderwysers 'n metode verduidelik verskaf dit net oppervlakkige begrip en die kennis wat leerders vorm is dikwels baie anders as wat onderwysers in gedagte gehad het om deur te gee.
- Leerders vorm metodes en strategiee waarmee hulle gemaklik kan werk en hulle eie begrip van die konsepte kan vorm.
- Dit veroorsaak dat leerders minder onnodige foute maak en minder vas brand.
- Leerders kry ook meer selfvertroue om met wiskundige probleme om te gaan as hulle dit kan doen op 'n manier wat vir hulle sin maak.
- Leerders kan enige probleem oplos en is nie afhanklik van 'n gememoriseerde "resep" wat vir hulle in staat stel om dit te doen nie.
- Leerders hak nie vas as die probleem anders lyk en klink as waaraan hulle gewoond is nie omdat hulle die selfvertroue het om dit op te los en nie bang is om foute te maak nie
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking